• Home
  • Articles
    • Firearm Rights
    • Practical Advice
    • Real-World Scenarios
    • General Discussion
    • Comic Relief
    • Reviews
    • Archive
  • Business Directory
  • What is Paratus?

Social Media

Latest Posts

View

You Are Always the First Responder

August 30, 2025

View

Martin Hood responds to the Daily Maverick

August 27, 2025

View

Revisiting the Grey Man

May 11, 2025

View

PSIRA Amendments will Destroy Security Industry

April 3, 2025

 
Paratus
The Truth is our Weapon
  • Home
  • Articles
    • Firearm Rights
    • Practical Advice
    • Real-World Scenarios
    • General Discussion
    • Comic Relief
    • Reviews
    • Archive
  • Business Directory
  • What is Paratus?
Paratus
  • Home
  • Articles
    • Firearm Rights
    • Practical Advice
    • Real-World Scenarios
    • General Discussion
    • Comic Relief
    • Reviews
    • Archive
  • Business Directory
  • What is Paratus?

In General Discussion

Ons Boere #CantBreathe, maar Oom Cyril bly Doodstil.

June 21, 2020 7 Comments

Ons Boere #CantBreathe, maar Oom Cyril bly Doodstil.

Oom Cyril, daar is iets wat jy vergeet.

Elke keer wat ons hoor dat die president ‘n toespraak gaan lewer, sit ons soos orrelpypies gepak voor die televisie. Die hele familie, oud en jonk. Ons luister met aandag wat gesê word en neem elke woord in. Of dit uit opregte belangstelling of bloot nuuskierigheid is, is seker onbelangrik.

Ons het gehoor hoe die land agter slot en grendel moes gaan. Hoedat ons mooiste Suid-Afrika vir weke sal moet wegkruip vir die dreigende virus wat beloof om duisendes te laat sneuwel.

Hoendervleis oomblikke.

Maar daar is een ding waarvan ons niks hoor nie.

Ons het geluister hoe daar reëls uiteengesit is, en watter tipe produkte taboe sou wees. Ons het gedwee aanvaar dat dit ‘n rukkie sal wees voor ons weer enetjie sal kan skink…”met eish, ja”.

Ons het swaar gesluk met die aanhoor van ‘n verlengde vlak vyf, en al was ons bly toe vlak vier aangekondig is, was daar ‘n kriewelrigheid onder ons. Miskien oor die onsekerheid daarvan. Of miskien oor die bekommernis dat die dodetal net nie wil daal nie. Steeds is daar daai een ding waaroor niks gesê word nie.

Deur al hierdie sitkamer oomblikke van luister en wonder en bid en wag, het heelwat ander dinge in die wêreld gebeur. ‘n Man het sy lewe verloor aan die hand van ‘n figuur wat hom moes beskerm. Dit het gelei tot opstande en betogings wat ‘n paar maande terug onwerklik sou klink. Soos een man, het miljoene mense saamgestaan vir die bevordering van geregtigheid onder mense van kleur. #blacklivesmatter en ander frases het baie vinnig baie beroemd geraak.

Ek onthou op ‘n stadium het ek vir my ma vertel hoe bly ek is dat ek nie eendag in ‘n geskiedenisklas hoef te sit en leer van 2020 nie, want jislaaik!

Terug in die sitkamer, hoor ons hoe Oom Cyril vlak drie aankondig. Meer vryheid en meer sterftes. Skole maak (na ‘n groot gesukkel) oop en universiteite gaan voort met aanlyn onderrig.

Maar steeds is hy so stil soos die graf oor daardie een ding waarvan ons nie hoor nie.

Teen Jeugdag verskuif die oog vanaf Amerikaanse optogte, na plaaslikes toe. Daar word opgestaan vir die arme vroue en kinders wat in die afgelope paar dae as slagoffers van geweld moes sterf. Waarheen is ons op pad?

Gisteraand sit ons weer en wag geduldig vir Oom Cyril se bekende “my fellow South Africans”. Ons hoor hoe salonne en restaurante mag oopmaak na weke se bakleiery en hofsake. Ons hoor hoe die jeug die bul by die horings moet pak, wanneer dit kom by geslagsgebaseerde geweld en rassisme. Ons hoor hoe vrouens en kinders sterf – vermoor word deur mans.

Ongelukkig is daar een ding waarvan ons steeds nie hoor nie.

Hoewel ek elke woord van Oom Cyril indrink, en na hom luister asof ek verslag sal moet gee daaroor, is ek (met alle respek gesê) teleurgesteld in ons president.

Ek is teleurgesteld en kwaad en bang en hartseer. Ek wil weet hoekom word daar ‘n geheim gemaak van iets waarvoor daar wêreldwyd baklei moet word. Ek wil skree “I can’t breathe!” want my keel trek regtig toe elke keer wat ek hoor van nog ‘n plaasaanval. Elke keer wat ek hoor dat ‘n boer se lewe geneem is, breek ‘n stukkie van my hart.

Ek kan statistieke hier noem wat elke persoon wat hierdie meningstuk lees, hoendervleis sal laat kry. Ek kan skakels gee na fotos wat geneem is net na grusame aanvalle, wat enige iemand slapelose nagte sal gee.

Ons boere, die mense wat ons letterlik aan die lewe hou, vrees elke dag vir hulle lewens. Ons boere, die hartklop van Suid-Afrika, word daagliks vermoor. En niemand sê iets daaroor nie.

Jy kyk na ‘n ketel wat kook en dink aan jou beker boeretroos wat jy netnou gaan geniet. Ek kyk na ‘n ketel wat kook en dink aan die ou oom wat op 6 Junie op sy plaas gemartel is met kookwater.

Het jy daarvan gehoor? Dalk.
Ken jy die oom se naam? Waarskynlik nie.
Hoor jy van enige optogte of betogings vir hom en die duisende ander boere wat aan die hand van misdadigers gemartel word en sterf? Beslis nie.

My vraag is, hoekom nie? Hoekom verdien George Floyd die hele wêreld se samewerking in opstanding, maar Roelof Botha (wat met ‘n panga op sy plaas vermoor is, in dieselfde week) kry bloot ‘n enkele opskrif in die koerant?

Hoekom bly ons stil oor hierdie kwessie? Hoekom duld ons hierdie moorde op die mense van wie ons die meeste afhanklik is?

Oom Cyril, ons luister graag na jou – maar die tyd om dringende kwessies soos hierdie aan te spreek, is nou! Ek smeek jou, help ons boere. Hulle is die sout van die aarde en die hemel weet, hulle verdien meer.


Geskryf deur Ansie Bylsma

Ansie is ‘n student te NWU-Pukke.

boerecyril ramaphosageweldlandboumisdaadplaasaanvallesuid-afrikavoedselsekerheid
Share

7

You may also like

View Post

South Africa’s Road to Communism – Gun Owners on the Front Line

View Post

Cyril Ramaphosa Wants to Talk to Gun Owners – Caveat Emptor

View Post

Lockdown and Liberty – Government is Murdering our Civil Rights

Previous Post

Knife Bans and Gun…

In Firearm Rights

Knife Bans and Gun Prohibitions Turn Citizens into Victims

View Post

Next Post

Is it worth getting a…

In Reviews

Is it worth getting a Roni? - a Quick 10-minute Review

View Post

About Paratus

Paratus

Paratus is a platform where you can read about the latest developments at the sharp-edge of the South African gun ownership debate.

Boeretroos Koffie

Social Media

Popular Posts

View

Revisiting the Grey Man

May 11, 2025

View

Martin Hood responds to the Daily Maverick

August 27, 2025

View

You Are Always the First Responder

August 30, 2025

Paratus

© 2025 Paratus - All Rights Reserved.