The below is my retort to Adele Kirsten’s comments pertaining the Len Cloete shooting incident in Muldersdrift, as reported by Maroela Media in their article on 17 November. I shall make this available in English within the next day or two.
Geagte Redakteur en redaksiespan,
Ek skryf in reaksie op die uitlatings van Me. Adele Kirsten (Gun-Free South Africa) in die artikel op 17 November aangaande die skiet voorval van Mnr. Len Cloete.
Me. Kirsten se bewering dat daar meer vuurwapens in moorde gebruik word as messe is onakkuraat en oneerlik. Volgens die nuutste statistieke is skerp voorwerpe die instrument wat vir die oorweldigende meerderheid van moorde aangewend word – 42% van alle moorde op mans, en 34.3% van alle moorde op vrouens.
Vuurwapens was gebruik in 33.4% van alle moorde op mans, ‘n persentasie wat byna 10% laer is as dié van skerp voorwerpe. Stomp krag was aangewend op 18.5% van alle moorde op mans.
Vir vrouens was vuurwapens gebruik in die pleging van 25.5% van alle moorde, weereens ‘n persentasie byna 10% laer as dié van skerp voorwerpe. En stomp krag was aangewend in 21.1% van alle moorde op vroue – ‘n syfer wat slegs 4% laer as dié van vuurwapens is. Gruwelik word 7.1% van alle vroue moord slagoffers verwurg, in vergelyking van 1% van mans.
Die enigste manier hoe Me. Kirsten tot haar gevolgtrekking kan kom, is om die statistieke op ‘n onetiese en oneerlike manier te verdraai. Onder andere deur die gebruik van messe in alle moorde uit te sonder en te verwyder van die res van skerp voorwerpe.
In statistiese inferensie verwys ons na hierdie tipe oneerlikheid as “cherry picking” – waar ‘n persoon verdraaide statistieke aanwend om ‘n gevolgtrekking te steun wat nie op sy eie voete kan staan nie.
Die feit bly staan dat 66.6% van alle moorde op mans, en 74.4% van alle moorde op vrouens, nie deur middel van die gebruik van ‘n vuurwapen gepleeg word nie.
Onafhanklike navorsing van die Wits School of Governance (WSG), wat deur die regering self versoek was, het tot die gevolgtrekking gekom dat die Wet op die Beheer van Vuurwapens relevant is tot slegs 5% van alle misdaad wat aan die SAPD gerapporteer word.
‘n Verdere (en hoogs insiggewende) gevolgtrekking is dat die vuurwapen wet min tot geen uitwerking op misdaad, en die gebruik van vuurwapens in die pleeg van misdaad, gehad het nie.
Me. Kirsten se aandringing dat die Len Cloete voorval gebruik moet word om die burgery te ontwapen is dus uiters verregaande.
Sy ignoreer blatant die belangrike veiligheids rol wat wettig-gewapende landsburgers vanuit diverse gemeenskappe tydens die Julie onluste gespeel het, en die kosbare bydraes wat hulle tot die beskerming van besighede, woonbuurte, en staats infrastruktuur gelewer het.
GFSA het ook min te sê oor die rol wat korrupte polisie beamptes speel in die bewapening van kriminele en bendes, ‘n werklike geweldspandemie wat definitief nie na die arrestasie en vervolging van Kolonel Chris Prinsloo (wie nou skokkend op parool vrygelaat is) beëindig is nie. Die kolossale skaal van dié skande word mooi deur Mark Shaw in sy uitstekende boek Give us more Guns beskryf – hoe die polisie beide staats vuurwapens asook voormalige-siviele vuurwapens wat tydens amnesties ingehandig was aan kriminele en bendes verkoop.
Dit is dus vir my duidelik dat Me. Kirsten en haar organisasie hierdie voorval suiwer as ‘n oneerlike meganisme gebruik om hul agenda van siviele ontwapening te bevorder, en dat sy nie die waarheid (of feite) sal toelaat om haar te kniehalter nie.
Koos
•3 years ago
Daar word hopeloos te veel aandag aan hierdie vrou se uitsprake gegee. Wat of hoeveel kry sy uit die ANC regering om k#k te praat.
Dennis Edgar
•3 years ago
Gideon,
Well written response.
People like her always have to be very sparing with the truth when pushing their agendas.
Dirk Baard
•3 years ago
I had the same blood rush when I saw the comments included by GFSA.
It just amazes me how the media rushes to GFSA for their input in reporting such insidents.
Thank you for addressing this with factual comments.
Adrian
•3 years ago
Correct stats / facts are not sensational enough to drive the clicks up…
Adrian
•3 years ago
Great response :
The key paragraph that highlights the lies from those sickening, deranged anti-gunners is :
“Die feit bly staan dat 66.6% van alle moorde op mans, en 74.4% van alle moorde op vrouens, nie deur middel van die gebruik van ‘n vuurwapen gepleeg word nie.”